top of page

Welkom by Springbokkie Kleuterskool

Baie welkom by Springbokkie Kleuterskool.

Ons is ‘n Christelike skool en ons normes en waardes is op die Bybel gegrond. Ons ervaar daagliks God se liefde en Sy seën op ons skool.

Elke maatjie is uniek en is vir ons spesiaal. Die personeel by Springbokkie is baie lief vir kinders en sal uit hul pad gaan om al die maatjies veilig en geborge te laat voel.

Ons het twee groot speelareas buite en baie ruim klaskamers. Dit is vir ons belangrik dat ons maatjies leer deur spel. Spel is belangrik vir die totale ontwikkeling van u kind (emosioneel-, kognitiewe-, liggaamlike-, en sosiale ontwikkeling). Spel is ‘n persoonlike uitleweing van elke kind se unieke belewenis van sy/haar wêreld. Spel laat u kind ook gemaklik voel in sy/haar wêreld. Spel is vir u kind die primêre instument waarmee u kind sy/haar wêreld en hom-/haarself ontdek en verken.

Ons het ‘n baie betrokke ouergemeenskap, aangesien ons skool nie ‘n eienaar het nie. Ons ouers dien op die beheerraad en elke klas het ook ‘n klasverteenwoordiger, wat met die hele klas se ouers kommunikeer. Ons kinders word hierdeur bevoordeel en dit maak van Springbokkie ‘n unieke skool!

Mag elke ouer en elke kind baie gelukkig wees by Springbokkie Kleuterskool.

 

 

bottom of page