top of page

Inskrywings

Dit is vir ons ‘n voorreg om u en u kind by ons skool te hê.  Mag die verbintenis met ons skool vir u ‘n aangename en verrykende ervaring wees.

 

Dit is vir ons baie belangrik dat u kind geborge, geliefd en gekoester sal voel in ons midde. Ons erken die unieke persoonlikheid van elke kind, en besef hoe belangrik u kind se welsyn vir u as ouer is.

 

Ons streef daarna om ‘n veilige, gestruktureerde en prettige omgewing te skep vir ons kinders met stimulasie om hulle te help om hulle mylpale te bereik op die regte tyd.

 

Ons sien uit om saam met u te sien hoe u kind op alle ontwikkelingsvlakke groei.

 

Ons het ‘n oop-deur beleid by Springbokkie, en sou u ooit enige vrae, onsekerheid of bekommernisse hê, kan u dit ter enige tyd met ons kom bespreek.

 

Mag u kind uitbundig gelukkig wees by Springbokkie Kleuterskool!

 

Ons hektye is van 06h45 tot 17h30 daagliks vir u gerief.

 
Skoolfooie 2024

Onderstaande tabel gee ‘n uiteensetting van die skoolfooie betaalbaar.

 

Hou ook in gedagte dat die fooie oor 11 maande betaalbaar is.

 

bottom of page