top of page

Program

Die dagprogram vir die peuters verloop iewat anders as vir die ouer klassies. Hulle volg egter ook ‘n gestruktureerde program en daaglikse verslag word aan ouers gegee. Vir die res van die skool verloop die dag-program as volg;

 

Hektye

Kleuters kan vanaf 06:30 tot 7:45 afgelaai word in die oggende. Die hek sluit egter stiptelik om 8:00. Halfdag kleuters kan weer afgehaal word tussen 12:30 en 14:00 en Vrydae vanaf 12:00. Die voldagprogram neem om 14:00 in aanvang en strek tot 17:30.

 

Etes

Om 08:00 elke oggend kry al die kleuters ‘n bordjie warm pap. Die pap word afgewissel, en kan ‘n bordjie mielie-pap, Matabela-pap, of hawermout pap wees. Rondom 10:15 geniet die kleuters hulle kosblikke. 

 

Voldag kinders kry om 13:30 ‘n gebalanseerde ete wat deur ons eie kok, Tannie Annelie, vars voorberei word. Die spyskaart is deur ‘n dieetkundige voorgestel en spesifiek volgens ons kleuters se behoeftes uitgewerk. 

 

Hieronder is ‘n voorbeeld van ‘n tipiese middagete spyskaart vir die week.

bottom of page